Die normatiewe spanning tussen ’n Christelik-reformatoriese mensbeskouing en seksualiteitsopvoeding in inklusiewe Suid-Afrikaanse klaskamers: Implikasies vir onderwysersopleiding en praktyk
Résumé
Die Suid-Afrikaanse onderwyskonteks plaas seksualiteitsopvoeding binne ’n grondwetlike raamwerk van menswaardigheid, gelykheid, diversiteit en niediskriminasie. Vir Christen-onderwysers kan die interpretasie en toepassing van hierdie beginsels op geslag, identiteit en seksualiteit normatiewe spanning veroorsaak. Hierdie artikel ondersoek hoe geslag en seksualiteit binne geselekteerde Suid-Afrikaanse beleids- en kurrikulumdokumente gekonseptualiseer word en wat die implikasies daarvan vir Christen-onderwysers en onderwysersopleiding is. Die studie volg ’n kwalitatiewe, interpretatiewe en normatief-vergelykende dokumentanalise. Witskrif 6 en die kurrikulumassesseringsbeleidsverklarings- (KABV)-dokumente vir Lewensvaardighede en Lewensoriëntering is doelgerig gekies en tematies ontleed, waarna die bevindinge vanuit ’n Christelik-reformatoriese mensbeskouing beoordeel is. Die dokumente plaas seksualiteitsopvoeding binne ’n breër diskoers van inklusiwiteit, menseregte, verantwoordelike besluitneming en respek vir diversiteit. Hoewel hierdie beginsels nie noodwendig met ’n Christelike mensbeskouing bots nie, kan spanning ontstaan wanneer dit in die onderwyspraktyk aan individuele selfbeskikking of ’n hoofsaaklik sosiaal-konstruktivistiese verstaan van identiteit verbind word. Die artikel onderskei daarom tussen menswaardigheid en normatiewe instemming en stel pedagogiese riglyne vir kurrikulêre getrouheid, wêreldbeskoulike deursigtigheid, dialogiese onderrig en professionele verantwoordbaarheid voor.
Citer ce document
Exporter : BibTeX · RIS (Zotero, Mendeley, EndNote)
Accès au document
Texte intégral archivé sur SPHAERO, en accès ouvert : lisible gratuitement en ligne après connexion. Le document reste aussi disponible à sa source. Se connecter
Voir l'article sur le site de la revueLicence et provenance
Licence : CC BY
Notice moissonnée depuis OpenAlex le 19/10/2026. Le document reste hébergé par sa source.
Voir le document à la source →